
Inwonerskap – jou reg om in Paraguay te werk en woon

Wat kry ek?
– Permanente verblyf in Paraguay
– jou inwonerskapkaart
– jou Cédula de Identidad (ID-kaart)
Dan kan jy kom en hier woon!

Hoe kry ek dit?
Kry eers jou dokumente in jou tuisland gereed (ons sal jou verwittig wat jy nodig het) en reis dan na Paraguay om jou papierwerk te voltooi. Ons sal jou aansoek voorberei en dit indien. Wanneer inwonerskap aan jou toegeken is, doen ons aansoek vir jou cédula. Meeste van die dokumente vir jou cédula is dieselfde as dit wat ons vir jou inwonerskap/verblyf gebruik het. Jy moet in Paraguay wees om vir ‘n cédula aansoek te doen, so jy sal moet terugkeer indien jy die land verlaat het terwyl jou aansoek om inwonerskap geprosesseer is.

Kostes
Dokumenten ander uitgawes in Asunción is ongeveer US$ 900, en daar sal ook uitgawes wees in jou tuisland vir dokumentasie. ‘n Enkele persoon of familiehoof moet ‘n deposito in ‘n Paraguaanse bank inbetaal. Ander kostes varieer, afhangend van jou persoonlike situasie en waar jy geleë is. Indien jy in Paraguay vir ‘n paar maande kan woon sal jy slegs een keer hiernatoe reis, andersins moet jy twee keer hier aankom. Wanneer jy hier is, sal jy vir akkommodasie en lewenskostes moet betaal wat bekostigbaar is in vergelyking met baie ander lande.
Vir volledige besonderhede van koste, insluitend ons fooi, voltooi die vorm op ons ‘Kontak’ bladsy.

Tydsberekening
Dit neem ‘n minimum van drie maande vir Immigrasie om u verblyf aansoek te verwerk. Die prosessering van jou cédula-aansoek neem tot twee weke.
Vir volledige besonderhede van tydsberekening, voltooi die vorm op ons ‘Kontak’ bladsy.
Ons volg Paraguaanse wetgewing. Jy kry egte dokumente.